BEELD Newspaper Article - 22 June 2015
Roodewal Kennels was exposed as a large miniature schnauzer puppy farm empire. With a kingpin at the top doing the marketing with many other breeders contracted to supply miniature schnauzer puppies into the network. It has been shut down. Between Schnauzer Friends South Africa and the SPCA's 320 breeding ex Roodewal Kennel breeding stock schnauzers were rescued, sterilized, medically treated and rehomed into loving homes. These dogs were kept in horrific conditions outside with little human contact, while locked into the breeding cycle, without a voice of their own. Many were emotionally broken and need extensive rehabilitation. They now have a chance to be loved pets!
RESCUE: An article in the South African Afrikaaans Beeld Newspaper yesterday. The headline is "Siek hondjies vir duisende verkoop" and its all about miniature schnauzers! It is translated to be 'Sick puppies sold for thousands!"
According to the article the SPCA is gathering more information so that they can charge Elmarie Cilliers, the owner of Roodewal Kennels. The SPCA person interviewed said that the dogs lived in wire cages and slept in rat infested conditions. The kennels were very dirty and some of the dogs were sleeping in their own faeces. Please be careful. Don't buy a cute puppy if you don't know the conditions the parent dogs are living in.
The Schnauzer Friends South Africa community will continue to be the voice for the voiceless! #gettingthewagback
Siek hondjies vir duisende verkoop
76 schnauzers by teelplaas gered
Deur Vania van der Heever Maandag 22 Junie 2015
Click here to read the article: http://www.netwerk24.com/…/2015-06-22-siek-hondjies-vir-dui…
Altesame 76 schnauzer-honde, waarvan die meeste ’n dodelike virus onder lede het, is by ’n teelplaas in Ermelo gered. Van hulle het tussen rotte en hul eie ontlasting geslaap. Die Highveld-Dierebeskermingsvereniging (DBV) probeer nou meer inligting kry sodat Elmarie Cilliers, eienaar van die Roodewal-teelplaas, aangekla kan word. Sy het glo die siek honde vir tussen R5 500 en R7 500 verkoop.
Die probleem het onder die DBV se aandag gekom toe verskeie mense op die Facebook-blad Schnauzer FriendsZA gekla het.
Cherryl Blain van Kaapstad het in November verlede jaar ’n schnauzer-hondjie by Cilliers gekoop. ’n Paar dae later is die hond weens die virus dood. Volgens Blain het die hondjie ook neurologiese skade gehad. “Ek het een van Cilliers se advertensies gesien en haar gekontak. Sy het gesê ek kan ’n swart schnauzer teen ’n spesiale prys van R3 200 koop.”
Sy het die hond op ’n vliegtuig Kaapstad toe gesit en dokumente gestuur wat wys hy het al sy inentings gekry. Op die lughawe het hy doodstil in sy hok gelê en nie die water gedrink of sy kos geëet nie. “Ek het gedog die hond is dalk moeg weens die vlug. Die eerste nag het ons nie geslaap nie, want hy was siek. Hy kon nie water inkry nie.
“Ons het hom die volgende dag na die veearts geneem. Ná verskeie toetse het die veearts vasgestel dat die klein schnauzer met verskeie virusse besmet is, onder meer die Parvo-virus. Daar was wurms en bloed in sy ontlasting. Hy het onbeheerbaar gebewe, wat ’n aanduiding van neurologiese skade is.”
“ EK HET GEDOG DIE HOND IS DALK MOEG WEENS DIE VLUG.”
Cilliers het glo gesê die hond is moeg weens die vlug. “Sy was so verbaas toe ek vir haar sê hoe siek die hond was. Drie dae nadat hy by my aangekom het, het hy gesterf. My hart was baie seer dat die hond so moes ly. Sy het geen empatie gehad nie en wou vir my ’n ouer schnauzer stuur. Dit het gevoel asof die hondjie wat gesterf het se lewe niks beteken het nie. Vir haar het dit net oor die geld gegaan.”
Willie Joythe, ’n inspekteur van die Highveld-DBV, het gesê 15 van die honde wat gered is, het huise gekry. “Die honde het in draadhokke gewoon en het tussen rotte geslaap. Die hokke was baie vuil en party van die honde moes in hul ontlasting slaap. Met die hulp van Schnauzer Rescue soek ons vir hulle blyplek. Mense het intussen kos en komberse aan die honde geskenk wat ons baie help.”
Volgens Joythe samel die DBV nog inligting in en beoog hulle om Cilliers strafregtelik aan te kla.
Beeld het Cilliers sedert Sondag vir kommentaar in die hande probeer kry, maar sy kon nie bereik word nie.
To read the comments from the Schnauzer Friends South Africa Community - Click on the comments on the facebook post below.

RESCUE: An article in the South African Afrikaaans Beeld Newspaper yesterday. The headline is "Siek hondjies vir...
Posted by Schnauzer Friends - South Africa on Wednesday, June 24, 2015
BEELD Newspaper Article - 26th June 2015
RESCUE: An article in the South African Afrikaaans Beeld Newspaper today. The headline is "Siek honde glo gestuur vir teling" and its all about miniature schnauzers! It is translated to be 'Sick dogs apparently send for breeding!" According to the article the schnauzer beeder from Ermelo did not only keep her dogs in shocking conditions, but also sent sick dogs to another breeder who was contracted to breed to dogs for her.
The Schnauzer Friends South Africa community will continue to be the voice for the voiceless! #gettingthewagback
Siek honde glo gestuur vir telingSteek talle diere op plaas aan
Deur Vania van der Heever Vryday 26 Junie 2015
SOURCE:
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-06-26-siek-honde-glo-gestuur-vir-teling
Die schnauzer-teler van Ermelo het nie net na bewering haar honde in skokkende omstandighede aangehou nie, maar ook siek honde na ’n ander teler gestuur wat op kontrak vir haar honde moes teel. Dit het veroorsaak dat dié groot geldelike verliese gely het.
Beeld het vroeër berig oor Elmarie Cillier, wat blykbaar siek schnauzers aan mense verkoop het. Sy het die honde teen tussen R5 500 en R7 500 verkoop. Die Hoëveld-Dierebeskermingsvereniging (DBV) het meer as ’n week gelede 76 schnauzers uit haglike omstandighede op Cillier se teelplaas gered.
Een van haar kontraktelers van Middelburg het gesê sy is besig om regstappe teen Cillier te doen omdat sy ’n aardige bedrag geld verloor het. Die teler, wat verkies om anoniem te bly, het gesê Cillier het doelbewus siek honde met die dodelike en aansteeklike Parvo-virus na haar plaas gestuur. “Ek het aanvanklik ’n schnauzer by Cillier gekoop. Sy het gesê as my hond kleintjies kry, sal sy hulle by my koop.
“Ek het my siel aan die duiwel verkoop. Ons het ooreengekom dat ek twee van my hond se drie kleintjies mag hou as ek in die toekoms die ander kleintjies aan haar verkoop. “Ek het later besluit om my kleintjies op my plaas te hou, want Cillier het die honde sleg behandel en in haglike omstandighede laat lewe.” Die vrou het gesê Cillier het haar in Maart gekontak en gevra om haar met twee honde te help. “Sy wou hê ek moes honde vir haar mak maak. Sy het geweet die honde het die Parvo-virus, maar het hulle doelbewus vir my gegee.
“Toe die honde op my plaas aankom, was hulle in ’n slegte toestand. Hulle was vol vlooie, het ooginfeksie gehad en hul ontlasting was vol wurms. Hul ontlasting was ook loperig. “Sedert die honde op my plaas aangekom het, is 20 honde op my plaas aangesteek. 11 is dood en ons kon nege red. “Ek het Cillier oor die siek honde ingelig. Sy het gesê ek moet hulle van kant laat maak.” Die kontrakteler se plaas is onder kwarantyn geplaas. “Ek sit met meer as 70 honde op my plaas. Ek kan hulle nie verkoop nie, want van hulle is dalk siek. Ek moet die veearts nou betaal én vir die hondjies sorg.
Cillier het intussen spoorloos verdwyn.” Beeld het Cillier probeer kontak, maar kon haar nie vir kommentaar bereik nie.

RESCUE: An article in the South African Afrikaaans Beeld Newspaper today. The headline is "Siek honde glo gestuur vir...
Posted by Schnauzer Friends - South Africa on Friday, June 26, 2015